Ongerepte Heuwels - Aktiwiteite
Entabeni Privaat Wildreservaat, Limpopo

©Roger de la Harpe
©Roger de la Harpe

Wildbesigtigingsritte by die Entabeni Safari Konservasie is ’n ongelooflike ervaring, omdat jy bederf is met ’n wye verskeidenheid natuurlike habitatte binne die area.

Wildbesigtigingsritte

Daar is vyf verskillende eko-sisteme in hierdie beeldskone biosfeer van die Limpopo provinsie. Moenie vergeet om jou kamera saam te bring nie! Die moontlikheid is daar om ’n verskeidenheid wild (soos die Groot Vyf!) van naby af te sien. Hier stap jy dalk weg met ’n prys-wenner foto!

Bos Wandelinge

Bos wandelinge is ’n alternatief op tradisionele wildbesigtigingsritte en ’n opwindende manier om meer te leer oor Afrika se komplekse biodiversiteit. Twee wandelinge is daagliks beskikbaar by Ravineside Lodge en kan na jou voorkeure aangepas word. Die Roofdier Wandeling gaan uit op ’n goed-beplande roete deur Entabeni met ’n opgeleide gids wat jou sal leer hoe om wildspore te lees. Die Nie-Roofdier Wandeling fokus meer op die ryk plant-lewe wat in die area groei.

Perdry Safari

Daar is ’n verskeidenheid perdry avonture beskikbaar by Ravineside Lodge. Paartjies mag dalk die korter roete verkies, aangesien dit ’n smaakvolle piekniek middagete in die Konservasie insluit.

Sterrekyk

Niks is meer romanties as om saam met jou geliefde op te kyk na die sterre en die sprankelende Melkweg nie. Die helder, onbesoedelde lug by Ravineside Lodge is ideaal vir sterrekyk. Jy kan ’n professionele astronomiese gids kry om jou deur die konstellasies te wys. Of, vind ’n gemaklike plekke op die besigtigingsdek en ontspan met jou geliefde in jou arms, terwyl julle jul verkyk aan die helder kolletjies in die lug.

Helikoptervlugte

Gaan uit met ’n helikopter en vlieg oor die vlaktes van die Entabeni Konservasiearea. Paartjies sal hierdie aktiwiteit veral geniet, omdat jy die opsie het om ’n romantiese piekniek op ’n afgesonderde plek op die berg te geniet. ’n Wonderlike manier om julle liefde te vier!

Skoonheidspa

Ravineside Lodge is gerieflik naby die perseel se eksklusiewe spa geleë. Jy en jou geliefde kan ontspannings- en skoonheidsbehandelinge saam geniet.

Warmlugballonvaarte

’n Warmlugballonvaart is een van die mees romantiese aktiwiteite in die bos en by Ravineside Lodge. Geniet die opwinding van stadig opdryf, terwyl jy die beste uitsig oor Entabeni het.

Bos Maaltye

Maaltye word gewoonlik op een van twee plekke bedien. Óf in die eetkamer en kroegarea met die knus kaggel, óf in die buitelug boma. Spandeer jou middae onder die skaduwee van ’n 100-jaar oue vyeboom of buite in die perfek-onderhoue tuin. Ravineside se spyskaart het ’n reeks keuses en maaltye op aanbod en word as ’n buffet, bos braai of piekniek bedien. Gaste het natuurlik altyd die opsie om ’n private aandete te geniet.